<p>20 ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. Mat 12;18-21Hierdie gedeelte verwoord die wonderlike paradoks van Jesus as die Seun van God, die uitdruklike beeld van God (Heb 1:3) se deernisvolle sagtheid en sensitiwiteit as die Waarheid! Hy is immers die volle vleeswording van Waarheid, die Logos, die volmaakte geregtigheid, heiligheid en volmaaktheid van God. Matteus sien Jesaja 42:1-4 vervul word voor sy oë, in hoe Jesus met mense werk. Jesus laat toe dat sy dissipels handevol koring eet op die Sabbatsdag, en genees 'n man met 'n verdorwe hand op die Sabbat. Die fariseers en skrifgeleerdes veroordeel Jesus se dade. Jesus se verweer is: “Sou enigeen van julle, as sy enigste skaap op die Sabbatdag in ’n sloot val, versuim om hom te gryp en uit te trek? Natuurlik nie! 12Hoeveel kosbaarder is ’n mens nie as ’n skaap nie! Daarom is dit mos niks meer as reg om op die Sabbat goed te doen nie.” (Mat <a href="https://www.youtube.com/watch?v=8Qf96j6TE0o&t=1331s">22:11</a>) Die fariseers het REËLS bo mense gestel. Jesus herinner hulle: “Die sabbat is gemaak vir die mens en nie die mens vir die sabbat nie.” Markus <a href="https://www.youtube.com/watch?v=8Qf96j6TE0o&t=147s">2:27</a>www.harvestercederberg.co.za/jesus-se-sagtheid-as-die-waarheid/</p>