<p>Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig Reeks #2 Goddelike Visualisering Ek is partykeer opreg verbaas hoe verskillend mense dieselfde ding kan sien—Sommige mense sien onmiddellik moeilikheid en gevaar in elke idee. Dis asof hulle innerlike alarmstelsel permanent op “rooi” staan: Wat kan verkeerd gaan? Waar is die strik? Ander is weer só ingestel op mense dat hulle elke sinsnede ontleed met agterdog—soos ’n privaat speurder wat altyd ’n “bedekte agenda” soek. In hulle wêreld het almal ’n motief om jou skade te doen; elkeen soek glo sy eie gewin. Hoe jy die lewe sien, bepaal hoe jy die lewe leef. In Mat 6:22-23 leer Jesus ons om reg te sien, met die oë van die hart wat skoon gewas is in Sy heerlike LIG!! Mag ons liefdevolle geestelike oogarts Jesus Christus ons sig kom aanraak en Heilige Gees oogdruppels ingooi in ons oë sodat ons kan sien soos Hy sien! Notas: https://www.harvestercederberg.co.za/sien-reg-met-n-hart-vol-van-sy-lig/</p>