Oolfant se potgooi
Karin van Oostrum
Overview
Episodes
Details
Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.
Recent Episodes
AUG 26, 2024
Gee jou Kind 'n Hupstoot deur Voorlees!
Bekommerd oor jou kind se taal? Of sommer net lus om ’n baie aangename gewoonte saam met jou kind te vorm? Kom hoor wat is al die ongelooflike voordele van voorlees en dat dit ’n ongeëwenaarde manier is om jou kind se verbeelding en kreatiwiteit vlerke te gee. Ons gesels oor WAT om te lees, en wat lewende boeke nou eintlik is. Ons gesels ook oor HOE om voor te lees en wat terugvertel en onderdompelingslees is. 20% Afslag op alle oolfant-produkte tot 31 Augustus 2024!...
20 MIN
JUN 28, 2024
'n Hegte gesin deel STORIES!
’n Hegte gesin deel stories! Akademie is maar een klein deeltjie van die lewe. Dis die ander deel wat jou kinders gaan onthou lank nadat hulle klaar is met skool, die dinge wat julle gesin saam gedoen het en onbreekbare bande tussen julle laat ontstaan het. Kom luister hoe jy jou kind se nuuskierigheid oor waar hy én jy vandaan kom kan gebruik om hom stewig in sy geskiedenis te anker, en om hom met selfvertroue die toekoms te kan laat ingaan. En al wat jy eintlik hoef te doe...
20 MIN
DEC 13, 2023
Laat hulle SPEEL!
Is jou senuwees klaar, want dit lyk of jou kind aldag en heeldag net speel? En nog erger, sê nou net iemand sien hom speel in “skooltyd”? Maar tog kan jy jou so bekommer as jou nie kan of wil speel nie... Kom luister hier hoekom jou instink reg is – hoekom ‘n spelende kind ‘n gesonde kind is, hoekom speel eintlik amper so belangrik as asemhaal vir jou kind is (en vir jouself ook...ja, jy moet self ook genoeg speel), wat speel nou eintlik is en hoe jy jou kind kan aanmoedig om mee...
21 MIN
JUL 26, 2023
Hou hulle vas!
Hou hulle vas! Is jy en jou kind op dieselfde golflengte? Nee, ek bedoel nou regtig: Kan julle mekaar opvang? Kom hoor hoekom dit so belangrik is dat daar ‘n sterk band tussen jou en jou kind bestaan, veral as jy bekommerd is oor die waardes wat jou kind in die skool of in die kurrikulum moet leer. Kom hoor hoekom die ouvroustorie van “Kry jou kind nou los van jou rokspante!” regtig uitgedien is, hoekom jy hom maar mag en moet vashou, en les bes, hoe jy die band tussen julle kan smee en...
19 MIN
APR 3, 2023
‘n Wenresep vir JOU tuisonderwys
In hierdie potgooi gee ek vir jou ‘n wenresep vir tuisonderwys – en hy het net 4 bestanddele! Kom hoor ‘n bietjie wat die kernbestanddele is vir ‘n wenresep vir jóú tuisonderwys. Dis eintlik baie eenvoudig – so eenvoudig soos broodbak. Net ‘n paar kernbestanddele maak ‘n spogbroodjie. Waag dit om jou kop skoon te maak, en jou los te wriemel uit die web van ingewikkelde, moeisame, soms baie vervelige en spannende dae. Fokus op die kernbestanddele. Dit kan regtig gedoen word. Onthou: dis ...
22 MIN
See all episodes