Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan.

Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die unieke lens waardeur sy die wêreld bekyk – Maritza vat ons in haar kop, haar hart en haar hande.

Ons praat oor vrouwees. Nie die Instagram-weergawe nie, maar die rou, eerlike weergawe.

En dan die podsending “Grys en Gatvol”, saam met joernalis Melanie Verwoerd – ’n ruimte waar vroue praat oor peri- en postmenopouse, oor die dinge waaroor daar te min gepraat word, en te veel in stilte “2-uur-in-die-oggend” gegoogle word.

Maar dis KLETS. Ons bly nie lank op een plek nie.

Die Peet en Mel Viljoen-sage wat soos ’n sepie bly ontvou, die Oscars wat al hoe meer hul glans verloor, en die vraag of Gwede Mantashe regtig weet hoeveel brandstof Suid-Afrika het… of hoop niemand vra nie, of dalk net hoop die spreadsheets lieg nie.

En dan, soos ’n goeie laaste noot, kyk ons na Anton Goosen op 80 – want blykbaar is daar op 80 nog meer as net rock en roll in sy pype.

Dis kuns en kommentaar. Dis vrouwees en wêreldnuus.

Dis dieper gesprekke… Dis KLETS. The Cookie Book · Maritza Breitenbach · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube