Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde?

Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI, die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oor Bek-en-Klouseer in Suid-Afrika. Waar het die pap op die grond geval? En belangriker: hoe gaan dit regtig met die boeregemeenskap? Is daar hoop vir produsente, of gaan die impak ons almal nog lank tref by die kasregister?

Dis ’n gesprek oor verantwoordelikheid, realiteit en die mense wat elke dag moet opstaan en aanhou, selfs wanneer beleid en beheer hulle faal.

Indien jy ’n boer is wat ondersteuning of raad benodig, of net wil weet hoe jy betrokke kan raak, kontak SAAI direk:

WhatsApp: 066 071 6094

Webblad: https://saai.org/

E-pos:
[email protected]

Maar dis nie net krisisse en kommissies nie. Ons skink ook ’n glasie. Wat is die beste waarde-vir-geld wyne tussen R100 en R200? Want as die ekonomie druk, moet jou wyn ten minste nie teleurstel nie.

En dan, vir nagereg: hoe daai totsiens sê jou van kosbare tyd per jaar beroof. Ons ontleed die kuns van die Suid-Afrikaanse “ek gaan nou” wat nooit nou is nie.

Dis die parlement en plaashek. Wyn en wagtyd. Dis Suid-Afrika soos hy nou is.

Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube