Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Gereformeerde kerk Bergbron

Sondag 27 September 2026 - Stephan Briel

SEP 27, 202632 MIN

Description

Lees: Gal 5:13-26 (AFR53).  Fokus: Gal 5:16-18.  Wandel deur die Gees.  ·       Wandel deur die Gees is nie ongedissiplineerde vryheid nie.  ·       Wandel deur die Gees is nie om onder die wet te wees nie.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  ·       Wat word bedoel met die vlees in Gal 5:16-17?  ·       Wat word bedoel met: “Ware vryheid lê nie in die uitoefening van keuses nie, maar in die gevolge van die keuses wat ons gemaak het”? Noem praktiese voorbeelde.  ·       Wat is die gevolge van die wet volgens Rom 7:5?   ·       Watter rol speel jou siening van jouself in jou stryd teen die sonde?