Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Gereformeerde kerk Bergbron

Sondag 6 September 2026 - Stephan Briel

SEP 6, 202629 MIN

Description

ie Lewende Woord vir Jou:  Lees: Joh 15:1-17. Fokus: Joh 15:4,5. Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! • Die beeld van die wingerdstok en sy lote beklemtoon dat Christus in ‘n hegte en intieme verhouding met sy kerk lewe. • Deur sy Woord en Heilige Gees wil Christus die lewe van elke loot vernuwe om baie vrugte te dra. • Vrugte van jou lewe in Christus is wanneer jy God verheerlik (Joh 15:8) met ‘n woord, gedagte of daad (Tit 3:14). Dit is jou enigste permanente deposito in die hemel. • Kom ons behou die fokus om by Jesus te wees en in Hom te bly! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: • Verduidelik hoe die beeld van die wingerdstok en lote van toepassing is op ons verhouding met Christus. • Wat beteken dit “om vrugte te dra”? Hoe gee “vrugte dra” aan jou lewe betekenis? Hoekom kan jy sonder Christus nie “vrugte dra” nie? • Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap?