Bizskoops - 22 Oktober 2026
Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) het verlede maand effens gestyg tot vier-komma-vyf persent, terwyl die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verdere verlagings in brandstofheffings aangekondig het om die druk op Suid-Afrikaanse motoriste en besighede te verlig. Die ekonoom professor Waldo Krugell bespreek China se ekonomiese groei en waarop hierdie groei gegrond is. In internasionale sake-nuus het SpaceX en die kunsmatige intelligensie-maatskappy Anthropic groot finansiële toekennings aangekondig, te midde van toenemende ondersoek na die impak van kunsmatige intelligensie op die samelewing, werksgeleenthede en die mensdom. Ons sluit die program af met 'n bespreking oor die uitwerking wat die gespanne verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika op die ekonomie het. Ons gesels met die politieke en ekonomiese ontleder, JP Landman.