Lees: Eks 20:1-21.
Fokus: Eks 20:18-21.
Nader tot God!

· Die doel van die wet van God was nooit dat dit 'n vereiste is om gered of aanvaar te word nie.

· Redes waarom mense dikwels op 'n afstand bly vanaf God:
1. Verkeerde aanname dat God ontoeganklik is en Hy jou nooit kan liefhê vanweë jou sondige verlede nie (v 19).
2. Party mense vermy God reeds omdat hulle wil aanhou sondig (v 20).

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

· Wat is die doel van God se wet vir sy volk?

· Verduidelik die redes waarom mense dikwels op 'n afstand bly vanaf God.

· Wie bepaal hoe naby jy aan God is?