Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Gereformeerde kerk Bergbron

Overview
Episodes

Details

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Recent Episodes

Sondag 7 Desember 2025 Stephan Briel
DEC 7, 2025
Sondag 7 Desember 2025 Stephan Briel

Lees: 1 Joh 4: 7-21. 

Fokus: 1 Joh 4: 18. 

Volmaakte liefde in Christus verdryf vrees. 

·       Baie van ons loop permanent rond met ‘n mate van vrees in ons harte sonder dat ons weet waarvoor – ‘n algemene vrees vir alles wat voorlê en kan gebeur. 

·       Ons leef dikwels (ook in ons verhouding met God) volgens die wêreldse standaard: Jy ontvang wat jy verdien! Johannes noem dit: “vrees verwag straf.” 

·       Mense probeer presteer om die straf van verwerping vry te spring en aanvaar te word. So soek mense hulle selfwaarde in prestasies wat weer lei tot perfeksionisme. 

·       Teenoor die wêreldse standaard is God volmaakte liefde en gee aan ons in Christus nie wat ons verdien nie maar wat ons nodig het: onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. 

·       As jy worstel met vrees vir verwerping en perfeksionisme, is God se boodskap aan jou: Jou soeke na liefde en aanvaarding eindig by Christus se volmaakte liefde aan die kruis. 

·       Met ‘n lewe wat oorheers word deur liefde vir God en my naaste, sal ek ervaar hoe vrees vir die toekoms verdwyn. 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

·       Wat dryf jou in die lewe? Watter rol speel vrees vir mislukking en daarmee saam vrees vir verwerping in jou lewe? 

·       Waarin vind jy jou selfwaarde? Glo jy dat as jy perfek lewe almal jou sal aanvaar? 

·       Wat beteken God se volmaakte liefde in Christus? 

·       Hoe verdryf God se volmaakte liefde in Christus vrees vir die toekoms? 

 

play-circle icon
33 MIN